ONS STORIE

Passievol oor koffie en ‘n hart vir mense.
Plaaslik vervaardigde koffie met enkel oorsprong.

Met ’n egte waardeering vir gehalte koffie en ’n hartsbegeerte om die Koningkryk van God te dien het VADERHART Koffie ontstaan. “VADERHART’ verwys na God se hart vir ons, Sy vaderlike liefde, omgee en ontferming.
Hier vier ons God se Vaderhart en ons streef daarna om God aan mense deur die handel van die lekkerste, gehalte koffie, bekend te stel of selfs net te herinner.

So baie van ons het ’n intieme verhouding met koffie -

Van ons begin ons dae met ’n koppie koffie, party drink ’n koppie koffie om deur ’n strawwe taak te werk en van ons drink selfs net ’n koppie koffie om stil te raak en om die kleinere meer belangrike dinge rondom die lewe te waardeer, partykeer, om ons-self te vind te midde die gejaag van alledaagse verantwoordelikhede. Ons will elkeen van hierdie koffie geleenthede gebruik om jou te herinner aan God se Vaderhart, Sy Liefde en Omgee vir jou. Ons glo ook dat daar geen kompromie rondom jou koppie koffie mag wees nie en offer jou daarom slegs die beste gehalte Arabika Koffie bone wat in klein bondels hand gerooster word deur Vaderhart Koffie kundiges

Vaderhart Koffie is ook passievol oor ons #koffiekrygers

inisiatief juis omdat ons ’n roeping in ons harte voel vir kinders.
Ons onderneem om ’n gesonde persentasie van die profeit gegenereer deur verkope te skenk aan kindertjies wat mediese hulp verlang.

Something is wrong.
Instagram token error.

Jou koffie kan meer beteken...